CUT Skole-sjefkompetisie – Hoërskool Fichardtpark se Verbruikerstudies-leerders kook op na nuwe hoogtes! Vyf Graad 12-verbruikerspanne het hul plek verower om Donderdag, 16 April, aan die CUT skole-sjefkompetisie deel te neem.
Die kombuis gaan beslis bruis van kreatiwiteit en talent wanneer hierdie jong sjefs hul messe slyp en hul vernuf ten toon stel.
Vyf ster-spanne is:
- Lenró Krüger & Chris-Mari Wessels
- André van Zyl & Veronique Mellet
- Rudi Smit & Ellan Fleischman
- Lianie Luüs & Abigail du Toit
- Melissa Nel & Kaylee Schnetler


Die uitdaging is eenvoudig maar intens: beïndruk die beoordelaars Donderdag, en dring deur na die groot finaal op Vrydag!
Fichies hou duimvas en wens elke span baie sterkte toe. Mag julle resepte glans, jul borde pragtig pronk, en jul passie die beoordelaars se harte verower.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








