Eerstespanne “Capping” – Hoërskool Stellenbosch se eerste netbal-, hokkie- en rugbyspanne het hul eerstespanne”capping” gevier. Dit het tydens ‘n glansryke aand op 24 Maart plaasgevind.
Die saal het geborrel van energie toe mnr Pellissier, skoolhoof van Hoërskool Stellenbosch, die aand met inspirerende woorde geopen het. Hy het beklemtoon dat die dra van ’n “cap” nie net ’n simbool van deelname is nie. Dit is ’n ereteken van trots, toewyding en die dra van die skool se naam met waardigheid.
Die atmosfeer was elektries gelaai met ’n mengsel van opgewondenheid, trots en kameraadskap. Hierdie aand het nie net die begin van ’n nuwe sportseisoen gemerk nie, maar ook die bevestiging dat Hoërskool Stellenbosch se eerstespanne gereed is om met passie en vasberadenheid die sportvelde aan te durf.
Hoërskool Stellenbosch sien met blink oë uit na die hoogtepunte en oorwinnings wat die seisoen nog gaan bring.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








