Steyn City Hokkietoernooi. 🏑 Zwarrie-hokkie wys hul spiere by Steyn City Toernooi!
Hoërskool Zwartkop, Centurion, se eerste seunshokkiespan het aan die gesogte Steyn City Hokkie Toernooi deelgeneem en met trots as kampioene van die astro afgestap.
Die span het nie net as eenheid uitmuntend gevaar nie, maar ook individuele sterre het erkenning gekry:
- ⭐ Douw Nel – Speler van die Toernooi én Top Doelmaker
- ⭐ Logan Kidson – Beste Middelveldspeler
- ⭐ Reuben Olivier – Beste Verdediger
Hierdie prestasies bevestig die harde werk, toewyding en span-gees wat die Zwarries se hokkieprogram kenmerk.
Baie geluk, manne – julle maak Zwartkop trots!
Mylpale vir dogtershokkie
Nie net die seuns het geskitter nie – die dogtershokkie het ook rede tot feesviering. Vyf eerstespan spelers het hul 30ste wedstryd vir die skool gespeel – ’n merkwaardige mylpaal wat hul lojaliteit en passie vir Zwarrie-hokkie onderstreep:
- Nadia Oberholzer
- Alicia Botha
- Carli Nel
- Riandi Barnard
- Keila du Randt
Hierdie spelers is ware rolmodelle vir jonger hokkie-entoesiaste en toon wat deur volharding en liefde vir die sport bereik kan word.
Hoërskool Zwartkop se hokkie-afdeling bewys weer eens dat hulle nie net kompeteer nie, maar dat hulle uitblink. Met sulke talentvolle spelers en toegewyde afrigters is die toekoms van Zwarrie-hokkie blink.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








