o.11 Krieketspan – Laerskool Stulting, Humansdorp se o.11-krieketspan het Dinsdag, 10 Februarie, teen Victory School van Jeffreysbaai kragte gemeet. Laerskool Stulting het ‘n oortuigende oorwinning van 135 lopies behaal.
Kolwers se hoogtepunte:
- Pieter Swart behaal 74 lopies van 40 balle
- Bendrè Duvenage behaal 64 lopies, nie uit nie, van 53 balle
- Neil Heyns behaal 26 lopies, nie uit nie, van 33 balle.
Boulers se prestasies:
- Bendrè Duvenage neem 2 paaltjies vir 5 lopies in 3 beurte
- Neil Heyns neem 1 paaltjie vir 8 lopies in 3 beurte
Met uitstekende spanwerk en deursettingsvermoë in die vreeslike hitte het die span gewys dat hulle tops is. Hierdie oorwinning is ’n bewys van harde werk, goeie samewerking en ’n sterk gees van sportmanskap.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








