NCASA Swembyeenkoms. Hoërskool Diamantveld in Kimberley het rede tot groot trots nadat Dewet Gouws ’n uitmuntende prestasie gelewer het tydens die NCASA Swem-byeenkoms.
Dewet het nie net sy talent bevestig nie, maar ook geskiedenis gemaak deur: 9 goue medaljes te verower. Hy het ook die Beker vir Beste Seunswemmer gewen – die hoogste eer wat ’n swemmer in die Noord-Kaap kan ontvang. Dewet het ook die Beker vir Beste Seunswemmer in die 17–18 jaar ouderdomsgroep ontvang.
Hierdie merkwaardige prestasie is ’n bewys van uitmuntendheid, toewyding en deursettingsvermoë. Dewet is ’n ware ambassadeur vir swem en ’n inspirasie vir jong sportlui regoor die land.
Diamantveld en die hele Kimberley is ongelooflik trots op jou, Dewet – jy laat Diamantveld en die Noord-Kaap skitter!
Tydens die NCASA Swembyeenkoms het die volgende swemmers van Hoërskool Diamantveld ook deelgeneem: Theodore Opperman, Elizabeth Opperman, Leila Visser, Ben Hattingh, Ruhann Smith en Mila Strydom.
Hulle het ook uitmuntende prestasies behaal:
- Ben Hattingh ontvang 3 goue en 3 silwer medaljes.
- Theodore Opperman ontvang 1 goud, 1 silwer en 1 brons medalje.
- Elizabeth Opperman ontvang 1 silwer en 1 brons medalje.
- Mila Strydom ontvang 8 goue en 1 brons medalje.
Baie geluk aan al die swemmers met hierdie uitstekende prestasies, julle maak Diamantveld baie trots!


Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.diamantveld.co.za/
Foto verskaf











