Rubik’s Cube. Juandré Jacobs is blitsig met ‘n Rubik’s Cube.
Juandré Jacobs, ’n Graad 8-leerder, het die afgelope naweek aan die Cubestuff Challenge Q1 deelgeneem – en sy prestasie was eenvoudig fenomenaal!
Met ’n gemiddelde tyd van 7,72 sekondes en ’n asemrowende enkeltyd van 5,28 sekondes, het hy die kompetisie oortuigend gewen. Die 5,28 sekondes is nie net Juandré se persoonlike beste nie, maar ook ’n Afrika-rekord – die 3de vinnigste ooit!
Dit plaas Juandré tans:
- 🥉 3de beste in Afrika vir ’n enkeltyd
- 🏅 5de beste in Afrika vir ’n gemiddelde tyd
Later vanjaar gaan hy sy vaardighede in Kaapstad toets by die Afrika-kampioenskappe, en in 2027 verteenwoordig hy Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe in Swede.
Juandré, jy laat die Eldo’s se naam helder skyn! Ons is ongelooflik trots op jou en sien uit om jou reis na nog groter hoogtes te volg. 🌟
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









