)

Professional Squash Association (PSA) – Hoërskool Langenhoven

Professional Squash Association (PSA). Hoërskool Langenhoven trots op Codey Abrahams se internasionale muurbal-prestasie.

Van 23 tot 25 Januarie het Codey Abrahams, ’n leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, sy talent op die internasionale verhoog ten toon gestel. Hy het deelgeneem by die George Open Squash-toernooi. Hierdie toernooi vorm deel van die Professional Squash Association (PSA)-reeks. Dit word wêreldwyd erken en top internasionale spelers kompeteer dan teen mekaar.

Internasionale blootstelling: Die George Open het spelers van verskeie lande gelok. Dit het aan Codey die geleentheid gegee het om sy vaardighede te toets. Nie slegs teen van die beste muurbalspelers in Suid-Afrika nie, maar ook in die wëreld.

Uitsonderlike prestasie: Ten spyte daarvan dat hy in ’n ouer ouderdomsgroep meegeding het, het Codey ’n 7de plek behaal. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat sy deursettingsvermoë, talent en harde werk onderstreep. Dit wys ook dat hy nie net op nasionale vlak kompeterend is nie. Hy kan ook sy plek op die internasionale toneel volstaan.

🏆 Trots vir Hoërskool Langenhoven: Die skoolgemeenskap is uiters trots op Codey se prestasie. Hy dien as ’n inspirasie vir sy medeleerders. Hy het ook bewys dat toewyding en passie jou kan neem tot op die wêreldverhoog.

“Codey, jy het nie net jou eie naam hoog gehou nie, maar ook die van Hoërskool Langenhoven en Riversdal. Ons glo dat hierdie net die begin is van nog groter suksesse wat voorlê!”

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://langenhovenhs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal