Jaarlikse atletiekbyeenkoms. Hoërskool Noordheuwel Atletieknuus.
Die jaarlikse atletiekbyeenkoms tussen Hoërskool Noordheuwel, Krugersdorp en Hoërskool Menlopark, Pretoria. het onlangs plaasgevind. Hierdie byeenkoms is vanjaar amptelik herdoop en sal voortaan bekend staan as die Heuwelpark-byeenkoms – ’n naam wat te danke is aan die voorstel van Mnr. Edgar Jenkins.
Uitblinkers van die dag
Verskeie Noordheuwel-atlete het uitmuntende prestasies gelewer en meer as 900 punte aangeteken:
- Mieke van der Merwe – 90mH (1000), 200m (921), 300mH (911)
- Jaydon Fairlie – 200m (948), 400m (945)
- Milè Olivier – 90mH (947)
- Ila Oosthuysen – 200m (945)
- Caylen Jenkins – 100mH (930)
- Rico van der Westhuizen – Gewigstoot (917)
- Lanelda Herbst – Diskus (915)
- Mikayla Bester – 100mH (905)
- Iza-Marize Odendaal – Diskus (900)
Hierdie uitsonderlike prestasies is ’n bewys van die harde werk en toewyding van Nories se atlete. Nories is trots op elke deelnemer wat ons skool se naam met soveel waardigheid en trots verteenwoordig het.
’n Groot dankie aan al die ouers en toeskouers wat ons atlete ondersteun het – julle aanmoediging maak ’n groot verskil!
Volgende uitdaging
Die volgende groot uitdaging is die TUT Top 14-byeenkoms wat op Woensdag, 28 Januarie by Pilditch plaasvind. Daarna volg ’n tuisbyeenkoms op Vrydag, 30 Januarie teen Hoërskool Lichtenburg, Midstream College en Hoërskool Rustenburg.

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s: Ashley van Niewenhuysen
Become a Sponsor









