Interhuis Atletiek 2026. 🏆 Hoërskool Eldoraigne – Interhuis 2026 Trofee-Wenners.
Wat ’n ongelooflike Interhuisdag by Hoërskool Eldoraigne! 🌟 Baie geluk aan al die leerders wat met trots, deursettingsvermoë en ware Eldo-gees uitgestaan het. Julle prestasies is iets om te vier en sal nog lank onthou word!
Spanwenners
- Algehele spanwenners: Trojane
- Geesbeker-wenners: Spartane
Victor- en Victrix Ludorum
- Junior Victrix Ludorum: Mieke Ludick
- Junior Victor Ludorum: AW Wilmot
- Senior Victrix Ludorum: Mionet Kusel
- Senior Victor Ludorum: Ruan Patton
Uitstaande Atlete
- Junior baanatleet: Abby Raath (O/15 – 200 m) ✨ Nuwe rekord – 26,75 s
- Junior veldatleet: Mieke Ludick (O/15 – Diskus)
- Senior baanatleet: Ruan Patton (O/17 – 1 500 m)
- Senior veldatleet: Mionet Kusel (O/16 – Diskus) ✨ Nuwe rekord – 12,41 m
’n Groot dankie aan elke personeellid, atleet en ondersteuner wat bygedra het tot ’n dag vol energie, sportmanskap, span-gees en rekord-prestasies. Julle maak Interhuis ’n hoogtepunt van die jaar!



Lees meet uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









