Matriekuitslae 2025 – Hoër Meisieskool Bloemhof is met trots gekroon as die beste Afrikaanse skool in Suid-Afrika. Die klas van 2025 het dié titel met glans bevestig deur hul uitmuntende NSS-uitslae.

Hoogtepunte van die Matriekuitslae 2025
- 100% slaagsyfer – elke leerder het geslaag
- 96% matrikulasievrystelling
- 73% het met ’n B-simbool of hoër geslaag
- 55,7% van die graadgroep het vier of meer A’s behaal
Met ’n graadgemiddeld van 75,4% en ’n totaal van 508 vak-A’s (gemiddeld 3,62 onderskeidings per kandidaat), het die 140 Bloemhoffies hul plek as land se voorste akademiese instansie verseker.
Uitblinkers
- Malaika Nel: 8 onderskeidings
- 13 leerders: 7 A’s
- 12 leerders: 6 A’s
- 29 leerders: 5 A’s
- 23 leerders: 4 A’s
Top 5 akademiese presteerders
- Karmi Gouws – 93,67% (Dux-leerder)
- Leandi Roos – 93,17%
- Malaika Nel – 92,17%
- Delinda Quinot – 92,00%
- Carlin Keuzenkamp (hoofdogter) – 91,50%
Soos altyd is Bloemhof trots op élkeen van die kandidate. Nie een leerder het ’n enkele vak gedruip nie. Hierdie uitslae bevestig dat HMS Bloemhof nie net akademies uitblink nie, maar ook met reg as die beste skool in die land gekroon is.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor









