Foto, van links: Amy Kotzé, Hugh Enslin, Mnr. M Visser (Waarnemende Skoolhoof), Jané de Villiers en Keryn Woodage
Matriekprestasies 2025. Hoërskool Witteberg se matrikulante het weereens hul merk gemaak. Die jongmense het uitmuntende akademiese prestasies behaal wat provinsiale erkenning geniet.
By die Vrystaatse Well Done Function van die Departement van Onderwys, wat op 16 Januarie 2026 in Bloemfontein plaasgevind het, is vier Witteberg-leerders onder die Top 50 presteerders in die Vrystaat aangewys na afloop van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
✨ Individuele hoogtepunte:
- Jané de Villiers: 9de in die Vrystaat met ’n gemiddeld van 93%, en ook in die Top 10 vir Afrikaans Huistaal.
- Hugh Enslin: 11de in die Vrystaat met ’n gemiddeld van 92,42%, en onder die Top 10 vir Fisiese Wetenskap.
- Amy Kotzé: 31ste plek met ’n gemiddeld van 88,5%.
- Keryn Woodage: 49ste plek met ’n gemiddeld van 88,25%, en ook in die Top 10 vir Wiskunde.
Hierdie uitsonderlike prestasies bevestig Witteberg se voortgesette tradisie van akademiese uitnemendheid en die toewyding van beide leerders en personeel.
Lees meer uitstaande skolenuus hier. https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf











