Biathle Wêreldkampioene gekroon – BVHS is besonder trots op twee van hul atlete wat geskitter het, en as die Biathle Wêreldkampioene gekroon is. WJ Kruger (Matriek 2025) en sy spanmaat Mia Botha, het in Mosselbaai, Wes-Kaap deelgeneem aan die Biathle Wêreldkampioenskap. Hulle is in die Biathle-aflos gekroon as Wêreldkampioene.
Die aflositem is geen maklike taak nie. Dit sluit 800m hardloop, 100m swem en nóg 800m hardloop in. Dit is ’n ware toets van uithouvermoë en vasbyt.
Die uitslae was as volg:
- Suid-Afrika – 14:00.00
- Brittanje – 14:12.40
- Indië – 14:19.70
Hierdie prestasie is ekstra spesiaal omdat dit op Suid Afrikaanse tuisgrond plaasgevind het. Mosselbaai het vanjaar die UIPM Biathle Wêreldkampioenskappe aangebied en atlete van regoor die wêreld het hier meegeding.
WJ, jou toewyding en dissipline in oefening en leefstyl het jou tot hier gebring. Jou harde werk het vrugte afgewerp en Trekkers is ongelooflik trots op jou prestasie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.voortrekker.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








