American Dance Awards – Mieke Honeyball, ‘n talentvolle leerder van Merensky Landbou Akademie het geskitter tydens die American Dance Awards. Sy het deelgeneem aan die American Dance Awards Streeksbyeenkomste. Dit het plaasgevind van 3 tot 11 Oktober in Centurion.
Ná ’n intense week van dans en kompetisie het sy gekwalifiseer om Suid-Afrika in 2026 in Miami, VSA, te verteenwoordig. Dit is ’n ongelooflike prestasie!
Die byeenkoms het oor agt dae gestrek, elke dag van vroegoggend tot laatnag, met meer as 1 800 inskrywings, 64 dansateljees van regoor die land, en vyf internasionale beoordelaars wat elke beweging fyn dopgehou het.
Mieke se glansprestasies sluit in:
- Goud vir haar Jazz Solo
- Goud vir haar Lyrical Solo
- Hoog Silwer vir haar Lyrical Duet
- ’n Spesiale toekenning vir haar uitmuntende gelaatstrekke en professionele verhoogaanwesigheid
- Twee trofeë vir uitsonderlike prestasie
- En natuurlik, haar kwalifikasie vir Span Suid-Afrika!
Om vir hierdie elite-span te kwalifiseer, moes deelnemers ’n punt van Hoog Silwer (86%) of hoër behaal. Mieke het dit met flair gedoen.
Plasies is ongelooflik trots op Mieke, wat met haar passie, toewyding en stylvolle uitvoering nie net Merensky nie, maar ook Dance Creations Studio – Art in Movement met trots verteenwoordig het.
Miami wag!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








