Affies Prestige Tennistoernooi – Hoër Meisieskool Oranje se o15A-span het uitgeblik by die Affies Prestige tennistoernooi die afgelope naweek.
Die talentvolle o.15A-tennisspan het hul staal gewys tydens die gesogte Affies Prestige Tennistoernooi in Pretoria. Net soos verlede jaar se Amanda Coetzer-eindstryd, was dit weer ’n naelbytstryd teen die gasheer Affies. Al het hulle 6–9 vasgeval in die eindstryd, het hulle met trots en deursettingsvermoë gespeel.
Oranje se Pad na die Eindstryd by die Affies PrestigeTennistoernooi
- ✅ Wen teen St Anne’s
- ✅ Wen teen Bloemhof
- ✅ Wen teen Menlopark
- ✅ Wen teen Potchefstroom Gimnasium (kwartfinaal)
- ✅ Wen teen Nelspruit (halfeind)
- ❌ Verloor teen Affies (eindstryd)
Hulle behaal ’n Silwermedalje vir Oranje, ’n prestasie om op trots te wees!
B-span se prestasie: Oranje se B-span het ook hul merk gemaak en 9de uit 16 spanne geëindig. Dit was ’n stewige vertoning teen sterk kompetisie.
Welgedaan aan al die tennisspelers en afrigters.
Julle het Oranje se naam met trots gedra!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








