Limpopo Amateur Dansfees – Leerders van Merensky Landbou Akademie het die verhoog behoorlik laat gons tydens die jaarlikse Limpopo Amateur Dansfees (LADF). Dit het op 25 en 26 Julie 2025 in Modimolle plaasgevind. Onder die kundige oog van beoordelaars Isabel Stapelberg en Tanya Fourie het die dansers hul talent ten volle ontplooi, en die resultate spreek boekdele.
Van Moderne Jazz en Kontemporêr tot Hip Hop en Ballet, het Merensky se dansers nie net topplasings behaal nie, maar ook hoë persentasies én spesiale toekennings vir uitsonderlike optredes verower.
Hoogtepunte en Uitslae
Karja Kruger
- Gevorderde Moderne Jazz Solo – 86% – Spesiale Toekenning: Amazing Performance & Costume
- Gevorderde Kontemporêre Solo – 83% – 1ste plek
Victoria Mackenzie
- Intermediêre Kontemporêre Solo – 76% – 2de plek
- Intermediêre Hip Hop Solo – 84%
- Ballet – 73.5%
Mienke van Niekerk
- Novice Kontemporêre Solo – 82% – 2de plek
- Novice Kontemporêre Duet – 77.5% – 2de plek
Elrene Knoetze
- Novice Hip Hop Solo – 80% – 2de plek
Ansuretha Perold
- Gevorderde Oop Solo – 86% – 2de plek
Leonore Joubert
- Novice Hip Hop Solo – 83.5% –1ste plek
MJ Perold
- Intermediêre Hip Hop Solo – 89% – 1ste plek – Spesiale Toekenning: Athleticism & Great Talent
- Hip Hop Duet – 85% – 1ste plek
Karien Smith
- Intermediêre Hip Hop Solo – 81% – 2de plek – Spesiale Toekenning: Energy & Technique
Intermediêre Hip Hop Groep Leonore Joubert, Victoria Mackenzie, Elrene Knoetze, Karien Smith & MJ Perold – 88.5% – Spesiale Toekenning: Great Technique & Performance
Gevorderde Moderne Jazz Groep Ansuretha Perold, Karja Kruger & Victoria Mackenzie – 88.5%
Mieke Honeyball
- Liries – 81.5% – 1ste plek Goud – Spesiale Toekenning: Clean Performance
- Jazz – 81% – 1ste plek Goud
S’Busisiwe Hlungwane
- Ballet – 68%
Sibahle Mokonyama
- Ballet – 82.5%
Die Merensky-dansers het nie net die beoordelaars beïndruk met hul tegniek, styl en passie nie, maar ook ’n indrukwekkende versameling medaljes, trofeë en spesiale toekennings huis toe gebring.
Baie geluk aan die dansskole wat ’n sleutelrol gespeel het – insluitend The Dance Place onder leiding van Annemieke Osmers, asook Merensky se eie MDDK-ballettutor, me. Genevieve Booyse.
Baie geluk aan al die dansers, julle het skitterend presteer en is ware ambassadeurs van Merensky!






Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








