COSAFU o.20 Atletiek Jeugkampioenskap. Twee Affie-atlete blink uit op internasionale verhoog.
Twee uitmuntende atlete van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, Francois Boshoff en Dewald Bezuidenhout, het die Suid-Afrikaanse vlag hoog gehou tydens die COSAFA o.20 Atletiek Jeugkampioenskap. Die kampioenskap het onlangs in Windhoek, Namibië, plaasgevind. Hierdie kampioenskap, wat deel vorm van die Region 5 Jeugspele, het van 4 tot 13 Julie plaasgevind en het jong talent van regoor Suider-Afrika saamgebring.
Francois Boshoff het sy spoed en uithouvermoë ten toon gestel met ’n goue medalje in die 400m hekkies, ’n sesde plek in die 400m en ’n bronsmedalje in die 4 x 100m aflos. Sy veelsydigheid en deursettingsvermoë het hom as ’n ware ster op die baan laat uitblink.
Dewald Bezuidenhout het die velditems oorheers met ’n goue medalje in gewigstoot en ’n bronsmedalje in skyfwerp. Sy krag en tegniek het hom bo-aan die podium geplaas en bewys dat Suid-Afrika se gooi-atlete wêreldklas is.
🎉 Hierdie prestasies is nie net ’n bewys van hul harde werk en toewyding nie, maar ook ’n bron van trots vir hul skool, gemeenskap en Suid-Afrika. Welgedaan, manne – julle is ware ambassadeurs van Suid-Afrikaanse jeugatletiek!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








