Xylia se hokkiehoogtepunte groei – Xylia Choene, is ’n graad 11-leerder van Hoër Meisieskool Oranje. Sy het onlangs haar merk gemaak op die nasionale hokkietoneel. Ná haar indrukwekkende vertoning tydens die Interprovinsiale Toernooi (IPT), is sy gekies vir die Suid-Afrikaanse o.17-hokkiespan. ’n Prestasie wat haar hokkiepad na nuwe hoogtes neem.
Xylia se hokkiehoogtepunte groei met elke wedstryd waarin sy haar talent en toewyding ten toon stel. Voor haar nasionale insluiting was sy ’n trotse lid van die Suid-Vrystaatse o.18A-span. Sy het daar ’n sleutelrol gespeel teen van die land se sterkste opposisie. Haar spel het nie net haar span gehelp om kompeterend te bly nie. Sy het ook die aandag van nasionale keurders getrek.
Haar vaardighede het ook geblink in die Suid-Vrystaatse Liga-finaal. Daar het sy ’n doel aangeteken het in Oranje se oorwinning van 5–1 teen Eunice. Haar vermoë om onder druk te presteer en haar span te inspireer, maak haar ’n waardevolle aanwins vir enige span.
Die insluiting in die SA o.17-span is ’n groot eer en ’n opwindende geleentheid vir Xylia om haar vaardighede op ’n nasionale vlak te slyp en haar land met trots te verteenwoordig. Oranje sien uit na wat die toekoms vir haar inhou, dalk selfs ’n plek in die senior nasionale span in die komende jare!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








