Rhino Rugby Streekweek. 🏉 Hoërskool Linden laat waai by Rhino Rugby Streekweek!
Hoërskool Linden het van 1 tot 5 Julie met trots en passie hul staal gewys tydens die jaarlikse Rhino Rugby Streekweek in Vanderbijlpark — en watter week was dit nie!
🌟 Spangees en oorwinnings:
- Sentraal-Wes o.14: Met ’n indrukwekkende 11 Lindeniete in die span, het hulle die veld oorheers. Hulle het die Griffons Plattelandse Distrikte met ’n skitterende 23-0 in die finaal verslaan.
- Sentraal-Wes o.15: ’n Spannende eindstryd het geëindig in ’n 5-5 gelykop. Die trofee is gedeel tussen die twee Sentraal-Wes spanne — met 8 Lindeniete wat hul merk gemaak het.
- Sentraal-Wes o.17: Hierdie span, met 8 spelers van Linden, het hul plek as algehele wenners verseker met ’n naelbyt-oorwinning van 20-19 teen Sedibeng.
- Sentraal-Wes o.19: Met 2 dapper Lindeniete in die span, het hulle dapper gestoei maar moes uiteindelik die knie buig teen Gauteng-Wes met ’n telling van 13-24 in die finaal.
🌍 Internasionale eerbewyse: Hoërskool Linden se harte bars van trots vir die vyf uitblinkers wat gekies is vir internasionale toere aan die einde van die jaar:
- 🇮🇹 o.18 Rhino-span na Italië: Ruan Erasmus en Jandré Pienaar
- 🇪🇸 Barbarians-span na Spanje: Keanu Thomas, Jordan Welle en Strauss van der Merwe
En asof dit nie genoeg is nie — Mnr. Andrew Todd is aangewys as afrigter van die Barbarians-span!
🎉 Baie geluk manne! Julle het nie net jul skool se naam hoog gehou nie, maar ook gewys wat ware spanwerk, deursettingsvermoë en trots beteken. Dit wil gedoen wees!







Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








