)

Redenaars Nou Praat Jy! – Curro Durbanville

Redenaars verower die verhoog by Curro Durbanville se Nou Praat Jy!

Die kampus van Hoërskool Curro Durbanville het onlangs gegons van energie en elokwentie. Sprekers van Graaff-Reinet tot die voet van Tafelberg, in die Noordelike Voorstede van Durbanville het kom kuier. Uiteindelik kon die wenners van die eerste amptelike nasionale redenaarskompetisie vir spanne van twee aangekondig word.

Met trotse gehore, vurige debat en ’n liefde vir Afrikaans wat in alles deurskemer, het die dag ’n spoggeleentheid geword vir jong redenaars wat hul stemme op die voorgrond gebring het.

Redenaars: Nou Praat jy! Wenners:

Beste sprekers:

  • Junior Eerste Addisionele Taal: Beste spreker: Hareem Amir (Curro Century City)
  • Senior Eerste Addisionele Taal: Beste sprekers: Word gedeel deur Ngcali Dantile en Madison-Mãe Alexander (Curro Durbanville)
  • Junior Huistaal: Beste spreker: Risa Burger (Curro Durbanville)
  • Senior Huistaal: Beste spreker: Lara Slabber (Hoërskool Stellenbosch)

Wenspanne in verskillende kategorie:

Junior Eerste Addisionele Taal:

  • 2de plek: Priscilla Dikimbi en Hareem Amir (Curro Century City)
  • 1ste plek: Fatima Amir en Payton Niemann (Curro Century City)

Junior Afrikaans Huistaal:

  • 2de plek: Karu Rademyer en Isabella Marais (Jan van Riebeeck)
  • 1ste plek: Risa Burger en Christina Marx (Curro Durbanville)

Senior Afrikaans Eerste Addisionele Taal:

  • 3de plek: Kayleigh Kuter en Wyatt da Silva (Curro Century City)
  • 2de plek: Tyra Ross en Anya Rosenstrauch (Parel Vallei)
  • 1ste plek: Ngcali Dantile en Madison-Mãe Alexander (Curro Durbanville)

Senior Afrikaans Huistaal:

  • 3de plek: Lisa Rossouw en Zyla-Kate Smit (Hoërskool Lutzville)
  • 2de plek: Mikha Enslin en Mia Prinsloo (Hoër Volkskool Graaff-Reinet)
  • 1ste plek: Liney Paulsen en Lara Slabber (Hoërskool Stellenbosch)
Redenaars Nou Praat Jy! - Curro Durbanville
Redenaars Nou Praat Jy! - Curro Durbanville

Met sprekers wat Afrikaans in al sy variëteite gevier het – van Kaaps tot Oranjerivier – het dié dag ’n ware huldeblyk aan die taal en sy jeug geword.

Is jy volgende jaar aan die beurt? Trek jou das reg, kry jou spanmaat gereed en begin beplan, want Nou Praat Jy! keer terug in 2026 – en jy wil dit nie misloop nie!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.curro.co.za/schools/curro-durbanville-high-school

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal