
Interdistrik Netbalkampioenskap. Hoërskool Strand se netbalvlerke sprei wyd!
In die golwende opwinding van ’n nuwe netbalseisoen wys Hoërskool Strand hul staal en styl met sterprestasies op beide distrik- en provinsiale vlak. Die skool is uiters trots om aan te kondig dat Anika Marx gekies is vir die o.15 Kaapse Wynlandspan. Die span gaan van 16 tot 19 Julie hul talente wys tydens die opwindende interdistrik netbalkampioenskap.
Nog ’n groot hoogtepunt is die prestasie van Caydi Fortuin. Sy was aanvanklik ook in die Wynlandspan ingesluit, maar het toe die ongelooflike eer ontvang het om die Wes-Kaap se O/16 Willow-span te verteenwoordig by die Nasionale All Ages-toernooi. Hierdie toernooi vind in Johannesburg plaas van 29 Junie tot 2 Julie. ’n Ware veer in haar netbalhoed!
Met sulke merkwaardige prestasies op en van die veld af, wys die Arende dat hul netbalprogram floreer. “Ons is ongelooflik trots op ons kampioene – Anika en Caydi, julle inspireer!”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor