)

Vrystaat Platteland rugbyspanne – Hoërskool SPS Brandfort

Vrystaat Platteland rugbyspanne Foto: Danté Underhay (o.11), Kian le Grange (o.12), JJ Pretorius (o.11), Niël Fraser (o.12), Danru Burger (o.12) en Martin Strydom (o.12).

Hoërskool SPS Brandfort is ongelooflik trots om aan te kondig dat leerders van Hoërskool SPS Brandfort opgeneem is in die Vrystaat Platteland se o.11- én o.12-rugbyspanne! Hierdie talentvolle jong manne vertrek Donderdag, 26 Julie, na hul onderskeie toernooie, waar hulle met trots hul skool en streek gaan verteenwoordig.

Die o/11-span vertrek na Lichtenburg, terwyl die o/12-span koers kies na Klerksdorp vir hul toernooi. Hierdie spanne bestaan uit hardwerkende spelers met ’n passie vir die spel, en ons het geen twyfel dat hulle hul staal gaan wys nie.

o.11 Spelers wat gekies is vir die Vrystaat Plattelandspan is:

  • Danté Underhay
  • JJ Pretorius (o/11)

Spelers wat gekies is vir die o.12 Vrystaat Plattelandspan is:

  • Kian le Grange (o/12)
  • Niël Fraser (o/12)
  • Danru Burger (o/12)
  • Martin Strydom (o/12)

Elkeen van hierdie spelers dra hul skool se naam met eer. Trots is nie ’n sterk genoeg woord nie – julle maak Hoërskool SPS Brandfort hartsiel bly.

’n Spesiale woord van dank aan mnr. WH en mnr. Erik, wat saam met die seuns toer as afrigters – julle toewyding maak ’n reuse verskil!

Sterkte, manne! Gee alles op daardie veld en geniet elke oomblik van hierdie kosbare geleentheid.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

http://spsbrandfort.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal