Wêreld-Multisportkampioenskappe. Skitterende wêreldklas-prestasie deur Fichie-leerder!
Baie geluk aan Carli Bouwer, ’n uitmuntende leerder van Hoërskool Fichardtpark. Sy het Suid-Afrika trots gemaak by die onlangse Wêreld-Multisportkampioenskappe in Pontevedra, Spanje. Carli het as junior atleet deelgeneem en ’n uiters merkwaardige 9de plek behaal — ’n plek onder die top 10 in die wêreld vir meisies tussen 17 en 19 jaar oud!
Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat Carli een van die jongste deelnemers aan die kampioenskappe was.
Die hele Fichie-familie is ongelooflik trots op jou, Carli — jy is ’n inspirasie vir ons almal! ’n Groot hoed af vir Carli — wêreldster in wording!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









