Eden Trials Gimnastiek. Langenhoven Gimnaste Skitter by Eden Trials Gimnastiek.
Vyf uitmuntende gimnaste van Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn, het onlangs hul staal gewys tydens die Eden Trials in Mosselbaai. Hulle het nie net hul teenstanders beïndruk nie, maar ook ’n klomp medaljes huis-toe gebring:
- Anneke Scheepers: Goud én Brons
- Pulanie Scheepers: Silwer
- Mia Lombard: Goud
- Lume De Koker: Goud
- Skye van Jaarsveld: Goud
Gimmies is ongelooflik trots op hierdie talentvolle gimnaste en hul puik prestasies!
Die vyf gimnaste het almal gekwalifiseer vir die Wes-Kaap Kampioenskappe wat op 18 en 19 Julie in Oudtshoorn plaasvind. Baie sterkte met julle voorbereiding – Gimmies hou duim vas!
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








