Skolehokkie. Hoërskool Punt spog met trotse aanstelling van skolehokkie 1ste span speler as spanbestuurder.
Hoërskool Punt, Mosselbaai, dra hul opregte gelukwensinge oor aan een van hul eie eerstespan-hokkiespelers, Matth Domingo. Hy is pas aangewys as spanbestuurder van die o.14 Eden-seuns streekspan. Matth is nie net ’n uitstaande speler nie, maar ook ’n natuurlike leier wat op én van die veld af ’n groot indruk maak.
Sy toewyding en passie vir die sport maak hom ’n ideale rolmodel. Hoërskool Punt is oortuig dat sy insette en ondersteuning tydens die streekstoernooi van onskatbare waarde sal wees. Die toernooi vind van 28 Junie tot 1 Julie plaas in Gqeberha (Port Elizabeth).
“Sterkte, Matth! Hoërskool Punt is trots op jou en ondersteun jou elke tree van die pad.“
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








