)

Vrystaat Netbalkampioenskap – Primêre Meisieskool Oranje

Vrystaat Netbalkampioenskap. Primêre Meisieskool Oranje blink uit!

Op Vrydag, 13 Junie, het die o.13-netbalspan van Primêre Meisieskool Oranje deelgeneem aan die opwindende Vrystaat Netbalkampioenskap. Dit is aangebied by Onze Rust in Bloemfontein. Met vasberadenheid, spanwerk en passie het die Oranje-span ’n indrukwekkende 2de plek behaal en welverdiend hul silwer medaljes ingepalm.

Hierdie talentvolle span het die geleentheid gehad om kragte te meet met die top skole van regoor die Vrystaat — almal streekwenners in hulle eie reg. OMS het elke wedstryd met krag en styl aangepak, en die uitslae spreek vanself:

  • OMS wen Dagbreek 19–8
  • OMS wen Vaalpark 15–1
  • OMS wen Primêre Skool Fichardtpark 19–10
  • OMS wen teen Truida Kestell 23–11

Semi-finaal: OMS wen Koppie Alleen 20–5

Finaal: In ’n bloedstollende eindstryd moes OMS met net één punt die knie buig teen Primêre Skool Universitas, eindtelling 12–13.

Primêre Meisieskool Oranje is ongelooflik trots op hierdie merkwaardige dogters, hul toegewyde afrigters en dinamiese spanbestuurders. “’n Spesiale woord van dank aan elke ouer en ondersteuner wat langs die kantlyn die span met entoesiasme en liefde aangemoedig het — julle is deel van hierdie prestasie!”

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal