All Girls’ Festival 2025. Hoërskool Gimnasium Paarl se 1ste hokkiespan en die o.16A dogters hokkiespan het die All Girls’ Festival 2025 gewen. Die o.14A dogters het 5de geëindig in die toernooi. Dit maak van Hoërskool Gimnasium Paarl die beste dogters hokkieskool by die toernooi.
Alanda Rademeyer (o.18) en Annika Mouton (o.16) word aangewys as die top ‘goalscorer’ van die toernooi en Marilu Hamman (o.16) word aangewys as speler van die toernooi, (o.16).
Al hierdie dogters het uitstekende hokkie gespeel en verdien die oorwinnings.



Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








