)

Netbaltoer by Ghoenaskraal – Merensky Landbou Akademie

Netbaltoer by Ghoenaskraal – Merensky Landbou Akademie se B- en C-netbalspanne het in April 2025 ‘n netbaltoer onderneem. Dit het plaasgevind by Ghoenaskraal naby Modimolle.

Gedurende die Netbaltoer by Ghoenaskraal is spelers aan afrigting op ‘n nuwe vlak blootgestel. Daar is gefokusde op wedstrydanalise en individuele aandag, wat elke speler gehelp het om hul spelpeil te verbeter. Hierdie benadering het nie net vaardighede geslyp nie, maar ook diepte in die spanne se opstelling gebring.

Die toer was egter nie net harde werk nie – daar is ook gesorg vir spanbou-aktiwiteite. Aktiwiteite soos kettie-skiet, “Noot vir Noot”, en ander prettige uitdagings het die spangees ‘n hupstoot gegee.

Unieke toerusting is gebruik om spelers se vaardighede objektief te toets. Neil du Plessis van Braven Sport, ‘n sportwetenskaplike, het waardevolle bewegingsvaardighede aan die groepe oorgedra.

Hierdie tegniese insette het groot waarde toegevoeg tot elke speler se ontwikkeling.

‘n Hoogtepunt van die toer was die sessie met Erin Burger, die voormalige Protea-netbalster. Erin, het ‘n indrukwekkende loopbaan van 12 jaar en het meer as 100 internasionale wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy het haar ryke ervaring en kennis met die spelers en afrigters gedeel. Sy is ook aangewys as Speler van die Toernooi by die 2011 Netbal Wêreldbeker.

Merensky se afrigters het die naweek positief en vol entoesiasme afgesluit. “Dit was beslis een van die beste netbaltoere wat Merensky nog ooit bygewoon het,” was die eenparige gevoel onder die span.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

http://hsmerensky.co.za/en/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal