Binnenshuis Krieket Interprovinsiale Toernooi. Lise-Mari Kemp, Graad 9 leerder van Hoërskool Framesby, het die afgelope vakansie aan die Binnenshuis Krieket Interprovinsiale Toernooi in Kaapstad deelgeneem.
Sy het OP by hierdie toernooi verteenwoordig as deel van die 0.18 OP-Junior Damespan waarvan sy die onderkaptein was. Die 0.18 OP Junior Damesspan het tweede by die toernooi geëindig. Die span het ook die toekenning ontvang vir die “Fair Play Team” in die damesafdeling. Lise-Mari is aangewys as die beste meisie bouler by die toernooi. Sy het gemiddeld slegs 0.31 lopies per boulbeurt afgestaan.
Lisa-Mari is ingesluit in die 0.18 SA-Junior Damespan wat gedurende die Septembervakansie sal toer. Sy is ook in die Wêreldbeker groep ingesluit wat later vanjaar die finale proewe speel.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








