Skole Krieket. Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, se o.19A dogters krieketspan het teen Hoërskool Jim Fouché se o.19A dogters krieketspan in ‘n skole krieket wedstryd gespeel. Sentraal se span het met 68 lopies gewen.
Sentraal teken 149 lopies aan in hul 20 beurte en beperk Jim Fouché tot 17 beurte, almal uit. Lisha Bellinghan en Lisa Bornman van Hoërskool Sentraal het saam ‘n 100-lopie vennootskap behaal. Lisha het 50(42) lopies aangeteken en Lisa het 51(73) lopies aangeteken. Miki Wiese van Sentraal het 3 paaltjies geneem.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









