)

Maak my ‘n Miljoenêr – Hoërskool Witteberg

Maak my ‘n Miljoenêr. Op Woensdag, 20 November, het die spanningsvolle finale episode van die reeks ‘Maak my ‘n Miljoenêr’ die land meegesleur.
Tydens die statige Gala-aand by die Atterbury Teater in Lynwood is die Top 20 finaliste, sowel as vriende, familie en eregaste, opgewonde ontvang. Die aand was gevul met entrepreneurs wat die Top 20 ondersteun. Hulle wou ook sien wat die vier kon vermag in die jaar se ‘Maak my ‘n Miljoenêr’ entrepreneur.

Bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug

Die “Maak My ‘n Miljoenêr“ Entrepreneur van die Jaar kompetisie, word ook op ViaTV uitgesaai, Dit is ‘n landswye hoërskool entrepreneur kompetisie, gestig deur Albert van Wyk. Die kompetisie het ‘n tweeledige doel:
• Bewusmaking van entrepreneurskap onder die jeug van Suid Afrika
• Om jong hoërskool entrepreneurs te vind en te bemagtig met entrepreneur vaardighede. Daarna word hulle gementor om hierdie hoërskool leerders miljoenêrs te maak.

Die kompetisie, het begin met ‘n indrukwekkende sestig skoolbesoeke regoor Suid-Afrika. 65 000 Hoërskool leerders en 125 entrepreneur inskrywings is ontvang. Na ‘n deeglike seleksieproses is die mees vaardige en innoverende besigheidsmanne en -dames na vore gebring. Die Top 20 het die Brandbank se elimineringsrondte en verdere uitdagings tydens die kompetisie oorleef. Hulle kon by die Gala aand op die verhoog staan.

Jeug bemagtig om entrepreneurs te word

Die kompetisie se doel is om entrepreneurs te bemagtig en te bemoedig. Dit is presies wat gebeur het hierdie jaar met die entrepreneurs van die ‘Maak My ‘n Miljoenêr’ kompetisie. Dit kan bewys word deur die Top 20 se totale omset van R 2 933 367,53. Die totale wins was R1 170 438,03 oor die agt maande se mentorskap program saam met Albert van Wyk, Matthew Blauw (2022 wenner) en Shaniqua Steenkamp (2023 wenner). Hierdie resultate is bewys dat die kompetisie die jeug bemagtig om entrepreneurs te word. Hierdie jongelinge kan Suid-Afrika se ekonomie versterk en dryf.

Mariney Grobler van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het op die einde van die aand algemeen 4de geëindig. Hoërskool Witteberg, en die hele Hoërskool Witteberg-gemeenskap, is baie trots op Mariney se prestasie. “Ons glo dat hierdie slegs die begin is van ‘n opwindende pad vol sukses en groot drome in haar toekoms as entrepreneur.”

“Sy is ‘n inspirasie vir jong entrepreneurs regoor die land. Haar pad na miljoenêr status is uitgelê. Ons sien uit na die ongelooflike hoogtes wat sy in haar loopbaan gaan bereik.”

Die deelnemers

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf


Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal