Royal Academy of Dance. Twee leerders van Hoërskool Hermanus, Jana Marais en Cara Slabber, het beide hul ‘Intermediate’ gradering van die Royal Academy of Dance ontvang.
Die Intermediate eksamen is ‘n beroepsgerigte eksamen en word erken op vlak 3 van die Britse onderwysstelsel. Jana en Cara ontvang nou toelating om hul studies in ballet voort te sit op ouderdom 18! Cara Slabber het uitstekend gevaar en behaal ‘n onderskeiding.
Jana Marais het ook ‘n onderskeiding behaal in haar Matriek praktiese eksamen. Haar hoofdansvorm is kontemporêr.
Albei dansers dans buitemuurs en neem Dans as vak by Hoërskool Hermanus. Hulle is binnekort te sien in die dansvertoning ‘Excerpts’ te Hoërskool Hermanus op 2 en 3 Desember.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








