Op 16 & 17 September 2016 het Diamantveld Hoërskool se  O/15 & O/17 Rugby 7’s-spanne aan die Oos-Moot 7’s toernooi in Pretoria deelgeneem. Beide spanne het uitstekende rugby gespeel met die O/15-span wat net net in finaal teen Oos-Moot vasgeval het. Die O/17-span het in die finaal teen Eldoraine gesorg vir ‘n spannende einde met die telling 29-29 met tyd verstreke. ‘n Skep skop in ekstra tyd verseker dat die span die “sudden death” uitspeel wen en terugkeer as Oos-Moot 7’s Kampioene.

O/17 UITSLAE
Wen vs Sutherland, 57-0
Wen vs Eldoraine, 22-17
Wen vs Prestige College, 75-0
Wen vs Centurion, 22-5 (Beker – Semi-finaal)
Wen vs Eldoraine, 32-29 (Beker – Finaal)

O/15 UITSLAE
Wen vs Eldoraine, 29-5
Verloor vs Montana, 14-26
Wen vs Sutherland, 39-5
Wen vs Centurion, 41-0 (Beker – Semi-finaal)
Verloor vs Oos-Moot, 29-34 (Beker – Finaal)

Become a Sponsor