Hoƫrskool Outeniqua in George is baie trots daarop dat twee van hul matriekleerders weer na die premierswoning, Leeuwenhof, in Kaapstad genooi is.
Nina Augustyn is vanjaar op die Wes-Kaap se merietelys met ān persentasie van 95,0% en het 8 onderskeidings behaal. Sy is ook HoĆ«rskool Outeniqua se Dux-leerder van 2018.
Nina is ook vereer as die Eden en Sentraal Karoo distrik se Dux-leerder. Sy gaan vanjaar studeer aan die Noordwes Universiteit.
Elma Lamprecht is by die spoggeleentheid aangewys as die top presteerder in die Wes-Kaap in Rekenaar Toepassings Tegnologie (RTT).
Die Kwaggas is besonder trots op diƩ twee uitstaande matriek prestasies en wens die leerders alle voorspoed toe met hul toekoms.
(Foto) Hier is Elma Lamprecht (links) met die Skoolhoof, Mnr Christo Vorster, en Nina Augustyn (regs), waar hulle op 10 Januarie by die premierswoning geluk gewens is.