Hoërskool Punt van Mosselbaai se Gorries, het op Maandag, 14 Januarie, hul Grammadoela-konsert in die skoolsaal opgevoer. Onder die puik leiding van Me. Karen van den Berg (Graad 8-graadhoof) en haar Gr 8-voogonderwysers en prefekte, het hierdie Gorries hul beste gelewer en gesorg vir hoendervleis-oomblikke.
Die teks is deur Me. Wourie Delport (Drama-onderwyseres) geskryf. ‘n Baie prettige produksie waarin die Gorries van klippe tot ‘n waterval uitgebeeld het.
‘n Baie suksesvolle Gorrie-week het tot ‘n einde gekom en die “kleintjies” het gejuig na die aankondiging dat hul nou maar skoene mag dra!!!!
Baie dankie aan Me. Van den Berg en haar span vir ‘n week van harde werk om hierdie nuwe leerders ware “Visse” te maak.
Gorries, Hoërskool Punt verwelkom julle met ope arms in die “Vistenk”.
Foto bo: Sameer Matthews, Mnr Lance van Niekerk (GR 8-voogonderwyser), Thomas Barker, Teagan van Niekerk en Ian Pautz.