
WP Kleure in Fietsry. Inge Vermeulen, leerder van Hoërskool Strand, verower WP-kleure in fietsry met haar padfiets.
Inge Vermeulen het vanjaar haar merk begin maak in padfietsry en neem sedertdien gereeld deel aan wedrenne van 80 km elk. Sy het elke keer ’n indrukwekkende tweede plek behaal — ’n puik prestasie vir ’n eerstejaar in dié sport.
As beloning vir haar deursettingsvermoë en konstante prestasie, is Inge ingesluit in die Wes-Kaapse Fietsryspan wat van 14 tot 18 Julie aan die Youth Festival in Oudtshoorn gaan deelneem.
“Baie geluk, Inge! Jou prestasie spreek van letterlike én figuurlike ysterdissipline en toewyding. Ons Arende is trots op jou en sien met opgewondenheid uit na wat jou fietsrytoekoms inhou.”
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor