)

WP Atletiekkampioene – DF Akademie spog met nege kampioene

WP Atletiekkampioene. DF Akademie spog met 9 Wes-Kaap-kampioene en 20 medaljes!

DF Akademie, Kaapstad, het die afgelope naweek ’n merkwaardige prestasie behaal by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe. Ons atlete het nie minder nie as 9 WP-titels ingepalm, terwyl die span oor die vier dae van Donderdag tot Sondag ’n indrukwekkende 20 medaljes gewen het.

Uitblinkers sluit in Heynrich Conradie, wat drie items gewen het (100 m-hekkies, 300 m-hekkies en 400 m), en Juan le Roux, wat beide sy items (gewigstoot en diskus) met oorwinning afgesluit het.

WP-kampioene:

  • Heynrich Conradie (o.14-seuns): 100 m-hekkies, 300 m-hekkies, 400 m
  • Elizabet Olivier (o.15-dogters): hoogspring
  • Mia Labuschagne (o.15-dogters): hamergooi
  • Divan van Greuning (o.17-seuns): spiesgooi
  • Regan Marais (o.19-dogters): 400 m
  • Juan le Roux (o.19-seuns): gewigstoot, diskus

Medaljewenners:

  • O.14-dogters: Emke Hoek (brons 1 500 m-hindernis), Marguerite de Villiers (silwer hoogspring), Danika Schabort (brons 90 m-hekkies), Skyler Ford (brons 200 m)
  • O.15-dogters: Lia Conradie (silwer spiesgooi), Levonne Viljoen (silwer hamergooi)
  • O.17-dogters: Danelle van Tonder (silwer 800 m), Jennifer van Schalkwyk (brons 100 m-hekkies)
  • O.17-seuns: Aden Snijman (brons hamergooi)
  • O.19-dogters: Stephanie Minnaar (silwer 800 m), Regan Marais (brons 200 m)

DF Akademie is trots op elke atleet wat die skool se naam met soveel glorie verteenwoordig het.

Die atlete het die baan en veld laat gons – DF is trots op julle!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.dfmalan.com/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal