WOW Spelfees. Die voorreg het vier van Hoërskool Ermelo se spellers te beurt geval. Hulle kon 15 Oktober deelneem aan die Sanlam WOW Spelfees se nasionale finaal. Die finaal is aangebied by die Universiteit van Stellenbosch.
Die leerders wat deelgeneem het, was: Marizel van Niekerk (gr. 8), Mia van Deventer (gr. 8), Maret Maritz (gr. 9) en Kayleigh Moore (gr. 10).
Kayleigh het besonder goed gevaar en eindig landswyd tiende in haar graad. Hartlik geluk, Kayleigh! Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Erries is trots op jou en die ander Erries se flinke spelvermoëns.
Die Erries sien met verwagting uit na 2023 se spelfees!
WOW Spelfees. The privilege fell to four of Ermelo High School’s spellers. They were able to participate in the Sanlam WOW Spelfees national final. The final was held on 15 October at the University of Stellenbosch.
The learners who participated were: Marizel van Niekerk (gr. 8), Mia van Deventer (gr. 8), Maret Maritz (gr. 9) and Kayleigh Moore (gr. 10).
Kayleigh did exceptionally well, finishing tenth nationally in her grade. Congratulations, Kayleigh! This is undoubtedly an exceptional achievement. Erries is proud of you and the other Erries’ nimble gameplay abilities.
The Erries are looking forward to the 2023 Spelfees with anticipation!
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied
Become a Sponsor








