
WOW Spelfees. Hoërskool Sentraal Graad 9 en Graad 10 leerders het aan die WOW Spelfees se Distriksuitdun deelgeneem en uitekend presteer.
Graad 9:
- Anika Wolmarans: 1ste plek
- Carli Appelgrein: 2de plek
Graad 10:
- Niël Haasbroek: 1ste plek
- Dian Bodenstein: 3de plek
- Aletta Blom: 4de plek
Hierdie leerders dring nou deur na die Provinsiale rondte.
Die doelstellings van WOW Spelfees:
- 1)Om leerders se taalkennis en Afrikaanse woordeskat uit te brei, en effektiewe taalgebruik aan te moedig.
- 2) Om die strewe na prestasie by leerders te versterk en uitnemende leerders te identifiseer.
- 3) Om onderwysers te bemagtig ten opsigte van die korrekte uitspraak en spelling van woorde.
- 4) Om onderwysers en beamptes te motiveer om eienaarskap van die Spelfeesprojek te neem.
- 5) Om mediabelangstelling aan te wakker in die belang van effektiewe taalgebruik en korrekte spelling in Afrikaans.
- 6) Om met die hulp van kurrikulum-adviseurs Afrikaanse spellyste vir die verskillende grade op te stel wat voldoen aan die kurrikulum-vereistes en dit aan skole te verskaf.
- 7) Om spelkompetisies volgens die voorgeskrewe formaat te reël in elke klas en graad in deelnemende skole, sowel as in kringe, distrikte, provinsies en op nasionale vlak.
- 8) Om die Spelfees deurlopend op nasionale vlak uit te bou deur die aantal skole en die onderskeie provinsies wat aan die Spelfees deelneem, te vermeerder.
- 9) Om die Spelfees deurlopend op nasionale vlak uit te bou deur die aantal opvoeders wat optree as koördineerders van die Spelfees, in die onderskeie kringe te vermeerder, in samewerking met die onderskeie onderwysdepartemente.

Meer skolenuus: https://www.schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf