Worpe byeenkoms. PRG-atlete presteer by Worpe byeenkoms in Mosselbaai! Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch se atlete het op Saterdag 18 September deelgeneem aan ‘n Worpe-byeenkoms. Die byeenkoms is gereël deur Eden Athlete –bestuursdienste en aangebied by die Van Riebeek Sportgronde in Mosselbaai. Die span het bestaan uit Zak Hickman, Reinhardt Nel, Ruan de Weerdt, Nathan Sander en Joshua Acker. Meneer Riel Pienaar het opgetree het as spanbestuurder en beampte.
Ten spyte van die feit dat dit die eerste formele byeenkoms van die seisoen was het die atlete baie goed vertoon. Drie atlete, Zak Hickman (goud Spiesgooi u/15), Ruan de Weerdt (silwer Gewigstoot u/15) en Joshua Acker (silwer Diskusgooi u/17) het podium-plekke behaal. Zak Hickman het ook ‘n byeenkoms-rekord verbeter.
Ruan en Joshua het albei meer as 800 punte ingesamel met hulle pogings. Daardeur het hulle gewys hoekom hulle reeds vroeër die jaar by die ASA-kampioenskappe Boland verteenwoordig het.