World Schools Cricket Festival. Hoërskool Pietersburg op die Internasionale verhoog.
Ryal Pretorius maak geskiedenis in Abu Dhabi. Hoërskool Pietersburg (PHS) in Polokwane vier ’n merkwaardige prestasie: Ryal Pretorius, lid van die o.15A-krieketspan, is gekies om deel te wees van die toerspan wat hierdie week aan die World Schools Cricket Festival in Abu Dhabi gaan deelneem.
Ryal se insluiting, wat tydens die Merensky Krieketweek in Julie bevestig is, is ’n kragtige bewys van sy toewyding, talent en harde werk. Hierdie prestasie plaas nie slegs vir Ryan nie, maar ook PHS, op die wêreldkaart van skoolkrieket.
🎉 Baie geluk, Ryal! Suid-Afrika en Pietersburg is ongelooflik trots op jou en wens jou en die span alle sterkte toe. Geniet elke oomblik van hierdie internasionale ervaring en dra die PHS-vlag met trots.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









