Rogail Joseph en Anro van Eeden het na Finland vertrek saam met die die SA Junior Atletiekspan. Hulle gaan vanaf 10 tot 15 Julie 2018 aan die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskappe in Finland deelneem. Hierdie is ‘n geweldige besondere prestasie en ons wens julle alle voorspoed en sterkte toe met die byeenkoms. Ons weet julle gaan Worcester en Suid-Afrika se naam hoog hou. Trots Worcester
Gimnasium. #worcgimviratletiek#kampioene #saatletiek #trotsbosvarke