Voor: Jene, agter: Lilandi
Witteberg Tienertoneel 3de. Witteberg Tienertoneel 3de in Vrystaat. Die tienertoneel produksie “As die Trein kom” is `n produksie wat die laaste paar weke op almal se lippe was.
Die akteurs, aktrises en elke leerder agter die skerms het omtrent vanjaar geskiedenis gemaak by die ATKV Tienertoneel Streeksfees in Bloemfontein. Nie net het Die geselskap het nie slegs deurgedring na die streeksfinaal toe nie. Hulle stap ook weg met die algehele 3e plek in die provinsie.
“As die Trein kom” ontvang 2 goud, 6 silwer en 2 brons toekennings. Witteberg ontvang 4 nominasies waarvan Duan Maritz aangewys is as die beste klankoperateur van die streeksfees.
Die volgende toekennings is ontvang:
Stelontwerp – Wian Maritz – Goud
Stelbou – Wian Maritz – Silwer
Stelontwerp – Hendré Blignaut – Goud
Stelbou – Silwer
Spel: Jene van Heerden – Silwer en Lilandi de Klerk – Silwer
Regisseur – Ronelle van Heerden – Silwer
Produksie – Silwer
Verhoogbestuur – Anri van Deventer – Brons
Spesiale effekte – Duan Maritz – Brons
Nominasies wat ontvang is:
Beste aktrise – Jene van Heerden
Die beste ondersteunende rol – Lilandi de Klerk
Beste verhoogbestuur – Anri van Deventer
Die beste klankoperateur – Duan Maritz. Duan wen ook hierdie afdeling.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Witteberg: https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/