Vier Graad 12-leerders van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het skitterend presteer in ‘n wiskunde-kompetisie. Hulle eindig onder die Top 60 in Suid-Afrika. In die Vrystaat eindig hulle onder die Top 20. Die Wiskundekompetisie is geloods deur Netwerk 24.
Witteberg se 4 Wiskunde-boffins is: Luan Matthee, Duan Maritz, Wian Marirtz en Catherine Shepherd.
Enige leerder (wat tans in Gr.10-12 is) kon aan die aanlyn kompetisie deelneem. Die kompetisie bestaan uit `n uitdunrondte en `n finale rondte. Die eerste rondte van die kompetisie het plaasgevind op 4 Junie. Daarna is die Top 60 in Suid-Afrika aangekondig. Hierdié vier matrikulante van Witteberg sal op 4 September deelneem aan die finale rondte.
Wenners van die Wiskundekompetisie kan met soveel as R20 000 vir die leerder en R20 000 vir die skool wegstap.
Meer oor Witteberg: https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
https://www.witteberghs.co.za/
Akademie is Witteberg se hart en siel. Ons is trots om te sê dat ons onderwysers nie skroom om die ekstra myl te stap nie. Witteberg se Wiskunde en Fisiese Wetenskap is weereens vir die soveelste jaar tops in die Vrystaat.
Vir die afgelope 20 jaar spog ons met die meeste top akademiese individuele presteerders in Oos-Vrystaat en nasionale wenners in olimpiades en ekspo’s
In 2017, 2019 en 2020 word Witteberg amptelik aangewys as die nommer 1 Wiskunde -en Wetenskapskool in die Vrystaat.
Witteberg se Excelsus akademie bied Wiskunde & Skeinat ekstraklasse daagliks om te verseker jy kry al die werk onder die knie.