)

Die Volkies bewys hul ‘guts’

Die Volkies het bewys hulle het ‘guts’. Die Graad 3 onderwysers van Welkom Volkskool het bewys dat hulle omgee vir hul medemens. Hulle het, namens die leerders, geskenke aan die Nyala ouetehuis oorhandig. Die skool het ‘n goeie voorbeeld gestel wat ook deur ander skole in Welkom nagevolg kan word.

Welkom Volkskool bied ook aan leerders die volle spektrum van opvoeding – Akademie, Sport en Kultuur.

Akademie: Akademiese uitnemendheid is vir ons ononderhandelbaar! By Welkom Volkskool word uitsonderlike hoë prioriteit aan die akademie gegee.

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (CAPS), word steeds ten volle geïmplementeer. Die leerstof is goed georganiseerd en volgens Departementele vereistes uiteengesit in die onderskeie handboeke.

Ouerbetrokkenheid by leerders se akademiese ontwikkeling bly van kardinale belang. Die kurrikulum het besonder baie inhoud en verg dus daaglikse en deurlopende aandag van elke leerder in die klaskamer, sowel as tuis. Die verbetering van leerders se lees- en spelvermoë bly ‘n noodsaaklikheid, wat daagliks motivering van ouer en opvoeders verg.

Welkom Volkskoolleerders presteer bokant die vasgestelde prestasievlak wat deur die onderskeie Departementele fasiliteerders vasgestel word vir die streek.

Welkom Volkskool spog met hoogs gekwalifiseerde, opgeleide personeel op akademiese gebied wat toegewyd is tot elke leerder se volkome ontwikkeling.

Akademie skep vir ‘n kind toekomsgeleenthede, daarom is dit die hoogste prioriteit by Welkom Volkskool. Soos ons slagspreuk lui: GROEI met vertroue die toekoms in.

Sport: Die skool bied ‘n verskeidenheid van sportsoorte aan: atletiek, rugby, netbal, landloop, hokkie, krieket, tennis en skaak.

Kultuur: Ook op kultuurgebied is daat nie ‘n tekort nie. Voortrekkers, redenaars, koor, buitelugskool en ‘n entrepreneursdag word deur die skool aangebied,

Foto verskaf

Meer oor Welkom Volkskool:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://welkomvolkskool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal