Witteberg Monoloogfees. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se heel eerste Monoloogfees is op 13 en 14 April by Witteberg aangebied.
Kinders regoor die Vrystaat en sover as Potchefstroom het hierdie geleentheid bygewoon. Daar was ‘n enorme opkoms en items van hoogstaande gehalte is tydens die eerste Witteberg Monoloogfees gesien.
Op die 13de het die eerste rondte plaasgevind waarna finaliste deurgedring het na die finaal. Die beoordelaars Rowlen von Gericke en Danielle Retief (beide professionele akteurs) het as beoordelaars opgetree. Hierdie geleentheid word nou ‘n jaarlikse instelling by Hoërskool Witteberg,
Die Junior leerders en wenners wat deurgedring het na die finaal:
- Miah Grobbelaar (eerste
- Heilene Meintjies (tweede)
- Martyn Oosthuysen (derde)
- Helet van Zyl
- Tshitso Chobokoan
- Reatile Xaba
- Isabella Kruger
- Leonelle van Niekerk
Senior leerders wat deurgedring het na die finaal en wenners:
- Jana Grobbelaar (eerste)
- Tlhono Mokoena (tweede)
- Henke Minnaar
- Simuné de Villiers
- Thylo Nornier (derde)
- Abigail Wentsel
- Hanré Delport
- Zahra Patel
- Jomica Marx
- André van Zyl
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf