)

Witteberg krieket – Twee vir twee vir krieketdogters

Witteberg krieket. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se eerste dogterskrieketspan het Woensdag, 18 Oktober, teen die tweede dogterskrieketspan van Paul Erasmus van Senekal, in ‘n 20-beurt wedstryd gespeel. Witteberg se krieket was weereens uit die boonste rakke!

Witteberg kolf 1ste en teken 243 lopies in die gegewe 20 beurte aan!

Om dinge ‘n bietjie te verander, het Witteberg besluit om die kolf-volgorde te skommel. Dit het die volgende uitmuntende  kolfbeurte tot gevolg gehad:

Amy Kotzé 30 lopies van 26 balle (nie uit nie).
Leozé Lottering 32 lopies van 17 balle.

Die beste kolfbeurt van die dag is behaal deur Evané du Toit. Sy teken 55 lopies van slegs 35 balle aan.

Na die ruskans stap Witteberg se meisies met die bal op die veld en maak sommer vinnge werk van PEHS se kolwers.

Leozé neem 1 paaltjie in 2 beurte en staan slegs 2 lopies af.
Marichelle neem 2 paaltjies in 2 beurte en staan slegs 5 lopies af.
Daar word 3 kolwers uitgehardloop deur puik veldwerk van Arné, Lisa en Zané en Amy sorg vir 2 ‘stumpings‘.

Die ster van die dag met die bal was wel Lize van den Bergh wat in 2 beurte 2 paaltjies neem en slegs 1 lopie afstaan.

PEHS se penne is dus almal plat na 9.4 beurte waar hulle slegs 24 lopies kon aanteken.

Witteberg wen die wedstryd met 219 lopies.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal