Witteberg Graad 12’s 2022. ‘n Boodskap aan die personeel, leerders en Graad12’s van 2022 vanaf Hoërskool Witteberg se skoolhoof, Mnr Hannes Oosthuizen.
“Om te lewe voel met tye onnatuurlik. Dit is ‘n gejaag na wind en soms is oomblikke te groot om werklik te begryp hoe dit ons lewens verander. Daar is dae wat soos minute voel en ure soos eeue. Vandag is ‘n enkele geleentheid tot stilstand. Vir elkeen van jul is dit ‘n geleentheid tot erkentenis.
My dear grade 12’s. How splendid that we have reached this wonderful stage in your lives. Today will be difficult for some whilst others will sigh of relief that it is finally here. It might seem normal to some, but for some this is still a revelation. The last five years have certainly taught you that the mountain did seem high, but the view is different from where you now stand, so close to the peak. It is within reach. I do hope that today will remind you of who you are and where you’re going.
Klas van 2022…
Vandag sien ek nie leerders voor my nie. Ek sien drome en verwagtings. In sommige oë is daar onsekerheid. In party die waagmoed om waarskynlik vir ‘n verrassing of twee te sorg. Maar in die meeste glo ek rus die wete dat die afgelope Vyf jaar gevul was met vreugde en vuur. Jul as groep het te midde van storms gewys dat samewerking die anker is tydens hierdie onstuimigheid. Jul het gewys dat mens nooit hoef skaam te wees oor jou unieke karakter nie. Afdraaipaaie was soms vir party aanloklik en die roete was vir sommiges steil. Maar dit was ook duidelik dat die meeste tree vir tree bly klim het met jul oë gevestig op die moontlike uitsig daarbo.
Today I can also admit with Alfred Lord Tennyson that I am part of all that I have met. What a privilege to have met you…
Dankie dat jul ‘n voorbeeld was vir jonger grade, ‘n inspirasie vir personeel en herinnering vir ons almal dat jou ondersteuning tot jou naaste meestal jou eie sukses bepaal. Dankie vir die nalatenskap wat jul as graadgroep agterlaat. Dit is ‘n gegewe dat ons jul vergeefse gevegte, glimlagte en gesprekke gaan mis. Weet ook dat jul ons lewens verryk het. Jul het help bou aan die fondasie van die Wittebergkampus en jul pogings is nou verewig gegied in die sandsteen van ons skool se bestaan.
Hoogtepunte
As ‘n groep het jul gesorg vir vele hoogtepunte. Daar was omgee en harde werk en tussen die steiltes en stiltes het jul bewys waar jul krag vandaan kom. Weet vandag dat jy hier sit met ‘n rede. Our Allmighty does not play with dice and does not believe in coincidences. Always remember who you are and what can be achieved through Him.
As the musician Joel Houston also wrote…He called you out upon this water. His spirit will lead where your trust is without borders and he will let you walk upon the water… Never forget His name.
Die afgelope vyf jaar kan gekenmerk word aan verskeie fases. Die abstrakte realiteit dat dinge soms kan stilstaan sowel as die besef dat ek moet vasgryp aan die bewegende wêreld wat my nie meer probeer eien aan my geloof en waardes nie, maar eerder my opinies en denke. Yes the world out there is a red sea full of sharks and if at any moment you stop to take a break, the depth surrounding you will force you to stop swimming.
Don’t be afraid to stand up when needed…
Do not be afraid of the challenge…
Don’t be afraid to fall…
Walk upon the water…
And don’t stop climbing your mountain.
Ons kampus
Op ons kampus gaan daar nou net eggo’s oorbly. Jul name is geskryf in ons geskiedenisboek en jul bydraes is die boustene van ons bestaan.
Ek hoop jul sal onthou hoe sonstrale die daeraad se blank begin inwy tydens openinge.
Hoe ‘n skoolklok ritme aan jou dag gegee het…
Ek hoop jul sal onthou hoe ‘n vriendelike groet jou tydens swaar dae opgetel het…
I hope you remember how to respond well to a fair request.
I hope you remember that modesty is most valuable commodity in life
AND I hope that the sound of the wind ruffling our poplar trees reminds you to live deliberately.
En nou kan jy hoor hoe die gemeenskap asem ophou… Hoe almal jou weeg en wonder. Jy kan hoor hoe harte klop en soms ook hoe trane val…
Ontdek die lewe in jou
Maar mag elkeen van julle die lewe in jou ontdek en nie huiwer om hierdie berg met oorgawe te benader nie. Mag die stiltes en hoogtes jou nie laat vrees nie. Mag jy hoor hoe jy gehelp en aangemoedig word… En mag jy weet dat hierdie tree net die begin is… Soos Dana Snyman skryf… Alles is nie net ‘n stryd om oorlewing nie; daar is darem genade ook!
Aan elkeen van julle die volgende:
I pray that your faith and trust in our Lord will also remind you daily of who you are and where you’re going. Trust is him to carry you if the path becomes too steep.
Ek sluit af met die woorde van die digter IL de Villiers:
God help my dat ek hierdie flikkering bly volg na U;
Laat my die stemme duidelik in die ligkring hoor;
Nog baie helderder as nou, en laat hul nader kom
En nader wees op u donker spoor.
Totsiens”
Mnr Hannes Oosthuizen
Skoolhoof
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf