Foto van Graad 8-9 (EAT) van links na regs: Laura Shepherd, Mavulindela Nhlapo, Rethabile Mohapi, Bongi Radebe en Nokwazi Mafu
Hoërskool Witteberg redenaars het hul slag gewys in onderskeie redenaars kategorieë by die ATKV Redenaarskompetisie. Hierdie kompetisie is een van die ATKV se oudste kompetisies.
Witteberg het ‘n jarelange trotse tradisie van talle prestasies op nasionale vlak in ATKV-Redenaars en ATKV-Debat. Redenaars vanaf graad 8 tot graad 12 het nie gehuiwer om hul sê te sê nie. Hulle het hul beste oorredende toesprake en slag gewys in hulle onderskeie kategorieë.
18 Redenaars het hul slag gewys en het onder die Top 10 in die Vrystaat en 7 leerders onder die Top 100 in Suid-Afrika geëindig. Deelnemers moes hul eie toesprake voorberei en mag nie gepubliseerde artikels woordeliks aangehaal het nie.
Gr. 8 – 9 Afrikaanse Eerste Addisionele Taal (Sien foto bo).
In hiedie afdeling het 5 Wittebergers hul slag gewys in hul kategorie. Laura Shepherd (1e), Mavulindela Nhlapo (2e), Rethabile Mohapi (3e), Bongi Radebe (6e) en Nokwazi Mafu (7e) eindig onder die Top 7 redenaars in die Vrystaat!
Gr. 8 – 9 Huistaal. 2 Wittebergers, Simoné Venter (2e) en Jani de Bruin (9e) eindig onder die Top 10 redenaars in die Vrystaat.
Gr. 10 – 12 Huistaal. 6 Wittebergers, Stan-Lee Gunter (3e), Gustav Hauptfleisch (4e), Jene van Heerden (5e), Anke Bruwer (6e), Louis Breytenbach (7e), Chene Stear (9e) en Luca Fourie (Top 100) eindig onder die Top 10 redenaars in die Vrystaat.
Gr. 10 – 12 Afrikaanse Eerste Addisionele Taal.
4 Wittebergers, Sebabatso Maqelepo (2e), Hope Mabe (7e), Zinathi Matshotyana (8e) en Lineo Kokonyane (10e) eindig onder die Top 20 redenaars in die Vrystaat.
Baie geluk aan elkeen van die leerders wat hul slag gewys het in ‘n heel nuwe formaat redenaars waaraan hulle deelgeneem en uitstekend gevaar het!
#DaarIsNet1RedenaarSkool!
Lees meer : https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/