Wiskunde Kompetisie. Vyf leerders van Hoërskool Witteberg in Bethlehem het op 23 Oktober deelgeneem aan die ESKOM Vrystaat Wiskunde Kompetisie op die UV se Suid-kampus. Osé Akeke (graad 11), Hanno van der Merwe (graad 10), Simoné Venter (graad 9), Hugh Enslin (graad 8) en Jané de Villiers (graad 8), het aan die wiskunde kompetisie deelgeneem en puik presteer.
Jané de Villiers en Hugh Enslin eindig onder die top 3 in die Vrystaat. Dit is ‘n uitstekende prestasie.
Lees meer oor Hoërskool Witteberg: