Wintersport. Op Saterdag, 29 Mei, het die Erries se wintersport spanne te staan gekom teen Hoërskool Pionier van Vryheid. ie netbal se wedstryde was vriendskaplik en die Erries se tellings getuig van mooi netbal. Die dogtershokkie speel besondere hokkie in die ligawedstryde. EHS se rugbyspanne neem die voortou teen Pionier in die ligawedstryde en wen ook al hul wedstryde.
Netbal-uitslae:
- EHS o.14A-span wen 21 – 19
- EHS o.16A-span speel gelykop met 11 doele elk.
- Die tweedespan wen naelskraap met 21 – 20.
- Die Eerstespan netbal wen met ’n pragtige 31 – 17.
Dogtershokkie uitslae:
- EHS o.14A-span wen 7 – 0
- Die o.15A-span wen 3 – 0.
- Die o.16A-span wen 10 – 0
- EHS Eerstespan Dogtershokkie wen 7 – 0
- Die o.15A- en Eerstespan Dogtershokkie span eindig beide as liga-wenners.
Rugby uitslae:
- EHS o.14A-span wen 59 – 0
- Die o.15A-span wen 71 – 17
- Die tweedespan wen 29 – 7
- EHS Eerstespan Rugby wen 45 – 7
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf